You are currently viewing Periodontis Besoek Mosselbaai-area

Periodontis Besoek Mosselbaai-area

Periodontist Corlene Schnetler
Corlene Schnetler het haar voorgraadse opleiding aan UP voltooi. Sy het daarna die spesialiteitsgraad in Mondgesondheid en Periodonsie met onderskeiding verwerf. Gedurende haar tydperk as kliniese assistent was sy fasiliteerder vir verskeie Inplantaat kursusse onder leiding van Prof. Andre van Zyl. Sy is ook ‘n lid van die “International Team of Impantology” (ITI). ‘n Navorsingsartikel van haar word ook in die April uitgawe van die “Journal of Implant Denstistry” gepubliseer. Sy werk tans saam met Dr Emil Langenegger in Nuweland, Kaapstad. Corlene het groot geword in ‘n tandartsfamilie en is passievol oor haar beroep wat die Periodonsie-, Mondgesondheid- en Inplantaat velde insluit. Sy streef na uitnemendheid en is veral sensitief vir haar pasiënte se behoeftes.

DR CORLENE SCHNETLER

Sy help met tandvleis ontsteking (periodontitis), mond siekte diagnose en behandeling, inplantate en tandvleis oorplantings.