You are currently viewing Draadjies
Draadjies

Draadjies

Tandheelkundige draadjies is toestelle wat gebruik word in ortodonsie. Dit word gebruik om jou tande in lyn en tande reguit te hou. Dit help ook om die posisie van de tande met betrekking tot ‘n persoon se byt te verbeter. Baie tandheelkundiges noem dat dit ook help om die gesondheid van jou tande te verbeter. Dit word dikwels gebruik om die byt en verskeie ander foute van die tande en kakebeen te herstel. Draadjies word dikwels gebruik in samewerking met ander ortodontiese toestelle wat help om die verhemelte of kake te verbreed. Deur dradtjies te grbuik, verbeter jy die vorming van jou kake en tande.

Draadjies in die samelewing.

Draadies is meestal gebruik gedurende de persoon se Hoërskool loopbaan. Meeste van die kinders wat draadies gebruik, word soms baie gespot. Dieselfde gebeurtenisse word oorsee gewarneem. ‘n Skoolkind word soms afgekraap, gespot en geboelie want ander verwys na hulle as die “nerds” of “losers.” In my opinie, is dit regtig niks meer as stereotipering wat plaasvind. Verskei plaaslike en oorsee se studies het daarop gedui dat leerlinge soms afgekraak of gespot oor draadjies. Deesdae raak dit so gereeld dat onderwysers niks omtrent dit doen nie.

Die probleem hiermee is dat kinders met draadjies wel ‘n stap neem om hulle voorkoms en gesondheid te verbeter. Dis net sowel goed mense se almal wat dokters toe gaan is bang vir siektes. Ons lewe in ‘n wêreld waar mense neerkyk op mekaar vir snaakse redes wat hulle nie eers verstaan nie.

Tandheelkundiges se doel is om mense te help wat probleme ervaar met hulle tande en mond. Natuurlik is daar snaakse toestelle wat gebruik word maar die pasiënt neem hierdie stappe om die ergste te voorkom.

Na jare se harde werk, het tandheelkundiges onsigbare draadjies ontwerp sodat kinders nooit weer deur daardie probleme te gaan nie.