You are currently viewing Vier tipes tande

Vier tipes tande

In beide die maksillêre en mandibulêre boog is daar soortgelyke tande. Daar is vier tipes tande in beide boë. Dit sluid die kiestande, slagtande, voorkiestande en kiestande in. Elkeen van hierdie tande is in ‘n ander gebied van die mond geleë en hulle het verskillende funksies.

Snytande: Die vier voortande in die mond staan as snytande. Hulle is in beide die maksillêre en mandibulêre boë geleë. Die twee sentrum tande staan bekend as sentrale snytande en die tande aan weerskante van hulle is bekend as laterale snytande. Al hierdie tande is verandwoordelik vir die sny of byt van kos. Hulle tree oop soos ‘n skêr.

Slagtande: Die tande wat distaal geleë is aan die laterale snytande is bekend as slagtande. Hierdie tande vorm die hoeke van die mond. Daar is twee slagtande in die maksillêre boog en 2 in die mandibulêre boog. Hierdie tande is verantwoordelik vir die skeuring van voedself wanneer daar gekou word.

Voorkiestande: Die tande wat distaal geleë is van die slagtande is bekend as voorkiestande. Daar is 4 voorkiestande in elke boog en twee is gelee agter elke slagtand in dieboog.Hierdie tande is kleiner as die kiestande en hulle is verantwoordeling vir die breek van lkos gedurende die kouproses. Hierdie tande is ook net in die permanente tande. Die primêre tande bestaan slegs uit snytande, oogtande en kiestande.

Kiestande: Daar is gewoonlik ses kiestande in elke boog. Drie links en drie regs. Hulle word na die eerste, tweede of derdie kiestande verwys. Sommige mense ontwikkel nooit derde kiestande nie rn dikwels is die kiestande so ver terug in die mond dat hulle sukkel om uit te kom en dan moet hulle verwyder word. Die doel van jou kiestande gedurende die kouproses in om die kos te slyp.