You are currently viewing Inplantate

Inplantate

Die gebruik van inplantate:

Tand-inplantate word al langer as 30 jaar gebruik om een of meer tande te vervang. Die inplantaat bestaand uit ‘n silindriese skroef wat van titanium gemaak word. Dit verrig die funksie van die afwesige tand se wortel. Titanium veroorsaak geen allergie en roes ook nie. Dit het verder die unieke eienskap dat been, (onder sekere omstandighede, daaraan kan vasgroei) wat dit geskik maak vir die vervanging van heupe en tande.

Inplantate kan die volgende vervang:

  • ‘n Enkele afwesige tand (waar ‘n konvensionele brug nie gebruik kan word nie)
  • Verskeie afwesige tande
  • Waar al die tande in die kakebeen (of beide kakebene) afwesig is.

Wie kan inplante kry?

  1. Mense wie se mondhigiëne baie goed is.
  2. Mense wat genoeg been het om die inplantaat te ondersteun.
  3. Waar genoeg been geskep kan word.
  4. Mense wat in algemene goeie gesondheid is.

Mense wat nie sommer inplantate kan ontvang nie:

  1. Ongekontroleerde diabete
  2. Mense met onbeheerde tiroied-siektes
  3. Mense wat immuunonderdrukkers neem moet spesiale voorsorg tref indien inplantate oorweeg word.
  4. Dames wat aan osteoporose ly.