You are currently viewing Algemene wenke om na jou tande te kyk

Algemene wenke om na jou tande te kyk

Die vermoë om te kan lag, praat en glimlag is deel vanons daagklikse lewe. Tandederf is ‘n groot probleem reg oor die wêreld. Ons probeer mense in te lig oor die voorsogmaatreels wat hulle kan tref om tandbederf te voorkom.

Hier volg ‘n paar algemene wenke om self na jou tande te kyk sodat jy lekker kan glimlag:

Tekens van tandvleissiekte (Gingivites):

  1. Geswelde, rooi tandvleis wat teer is met aanraking en bloei maklik (Gesonde tandvleis bloei nie!)
  2. Slegte asem (halitose)
  3. Konstante slegte smaak in die mond
  4. Seertjies of etter tussen die tande en tandvlei
  5. Tandvleis wat ‘wegtrek’ van die tande.

Hier is ‘n paar tekens van gaatjies:

  1. Tandpyn
  2. Sensitiewe tande: pyn of ongemak met die eet of drink van warm, koue of soet goed
  3. Pyn as jy op harde goed byt
  4. Gaatjies wat jy met die blote oog kan sien en met tong kan voel
  5. As voedsel gedurig tussen tande vassit

Voorkomende tandheelkunde beteken om voorsorg te tref om tandbederf te voorkom of om probleme vroegtydig op te spoor voordat dit vererger. Daar is verskeie hulpmiddels tot ‘n mens se beskikking soos:

  • Gereelde besoek aan die tandarts (ten minste jaarliks vir ‘n volledige ondersoek met X-strale)
  • Professionele skoonmaak en polering van tande
  • Die seël van kinders se tande as die fissure diep is.
  • Fluoriedbehandeling wat die tande sterker maak en teen tandbederf beskerm.

Wat kan ek self by die huis doen om beter na my tande te kyk?

  • Borsel twee maal per dag, veral in die aand voordat jy gaan slaap.
  • Borsel in sirkelbewegings vir ongeveer 2 minute.
  • Kies die tandeborsel met ‘n klein koppie en sagte haartjies
  • ‘n Elektriese tandeborsel werk baie lekker vir kinders en mense met artritis of bejaardes
  • Moenie te veel drukking op die borselkop plaas nie – dit kan die tande en tandvleis beskadig
  • Vervang jou tandeborsel elke drie maande
  • Borsel jou tong – dit help om jou asem vars te hou deurdat dit bakterieë verwyder.
  • Vlos een keer per dag, verkieslik in die aand. Onthou om die kurwes van die tand te volg.
  • Kies die regte tandepasta. Dié met ‘n hoë fluoriedinhoud help om tandbederf te voorkom. Sommiges help vir sensitiewe tande, ander beheer plaak en teeraanpaksels (by rokers).
  • Spoel jou mond daagliks met ‘n anti-mikrobiese mondspoelmiddel.
  • Eet ‘n geballanseerde dieet – proteïene, groente, vrugte en suiwelprodukte.
  • Verminder die inname van suiker, gaskoeldrank en verfynde koolhidrate.
  • Moenie rook nie.
  • Besoek jou tandarts gereeld, veral as jy pyn het of bewus is van ‘n slegte asem.

Kougom

Dit is belangrik om altyd suikervrye kougom te koop. Dis veral handig as jy nie na ete kan borsel nie. Waak net daarteen om nie heeldag kougom te kou nie, aangesien dit skade aan die kougewrig kan veroorsaak asook spasma van die gesigspiere. Hou in gedagte dat rook, rooiwyn en baie koffie die tande met tyd kan verkleur. Moenie voorwerpe met jou tande oopbyt nie. Dit sluit in bottels oopmaak, naels byt asook haarknippies oopbyt. Dit kan tande ‘chip’ en as jy reeds vulsels op die tande het, kan dit weer breek.